• Welcome to Nasionale Belastingbetalers Unie.

News:

NBU Testing

Main Menu

NBU - Ons Visie en Uitgangspunt - 'n Kantonstelsel vir Suid-Afrika - soos tans in Switserland

NBU - Standpunt en Beleid
De-sentraliseer die munisipale funksie na die mense van die voorstad of dorp, en raak ontslae van politiek en sentrale bestuur in munisipaliteite in die geheel. Bring die nuwe Self Bestuur Wet in gebruik, landswyd. Gee vir die dorpe regshulp; tegniese, administratiewe en finansieële stelsels, en behoorlike opleiding om self die bestuur van hulle gemeenskap te behartig - Vry van enige politieke inmenging. HOE MEER GEDESENTRALISEERD DIE GEMEENSKAP, HOE BETER.

Posts: 0
Topics: 0

Algemeen

NBU (Nasionale Belastingbetalers Unie) - Ons pad na ‘De-Facto’ Selfbeskking
Sover terug as 1994, het Mnr Jaap Kelder reeds die NBU gestig en as medium gebruik om munisipale owerhede tot verantwoording te roep vir dienste nie gelewer, of nie op standaard gelewer nie. Sedert 2005 word munisipale owerhede deur wetgewing verplig om hulle tariewe te promulgeer 60 dae nadat die raad die tariewe goedgekeur het. Baie munisipale owerhede in Suid Afrika het nagelaat om aan die wetlike vereiste te voldoen - met die gevolg dat die volle eiendoms belasting vir die on-gepromulgeerde jare onwettig gehef is. Eienaars van eiendomme waar on-gepromulgeerde jare bestaan, het dus die reg om die belasting wettig terug te eis van die munisipale owerhede deur 'n dispuut te verklaar.  Die eerste vraag van eienaars aan die BBV (Belastingbetalers Vereniging) is: '95% VAN MUNISIPALITEITE IN RSA IS BANKROT. HOE HELP DIE EIS MY AS EIENAAR?

Posts: 1
Topics: 1

Last post: March 14, 2022, 05:54:53 PM The Swiss Cantonal Syste... by admin

Wat beteken die on-gepromulgeerde eis vir my as eienaar?
As eiendom eienaar, weet u daar is 'n baie klein, tot geen kans, om suksesvol te wees in die eise vir belastinggelde. DIT IS 'N FEIT. U IS 100% REG. MAAR: Die dorp of voorstad waar u woon, kan 'n BBV stig, of 'n onafhanklike regspersoon soos 'n klub - of vereniging van lede - en begin die toekomstige belasting wettig aan die BBV oorbetaal, tot die dispuut eis ten volle uitgewis is. Dit is 100% wettig, en die aksie neem nie die verantwoordelikheid van die munisipale owerhede weg om aan te hou om die dienste te lewer nie. As te ware betaal die munisipaliteit dus u as eienaar se dispuut gelde aan die BBV terug met die toekomstige belasting wat u moet betaal, en wel betaal. Maar nou gaan die gelde wettig aan die BBV wat die gelde kan gebruik om self die dorp te herstel en dienste te lewer, soos nodig.  NOU VIR DIE VOLGENDE VRAAG VAN EIENAARS: HOEKOM KAN EK DIT NIE ALLEEN DOEN NIE? HOEKOM HET EK AS EIENDOM EIENAAR 'N BBV NODIG OM DIT TE DOEN?

Posts: 0
Topics: 0

BBV: Hoekom nodig? ‘Staan Saam, Wen Saam’ is die leuse van die NBU. Die BBV's voer die leuse uit.
Die BBV is 'Universitas Personarum' - 'n onafhanklike, wetlike persoon - en dit maak al die verskil omdat die munisipaliteit nie meer met jou as eienaar die verskil het nie, maar met die dorp of voorstad se wetlike regsliggaam – naamlik, die BBV. Die 'NBU Dispuut' - soos die BBV die hofuitspraak ken - is in die hoogste hof van Suid-Afrika deur 'n vol regsbank met 3 regters bevestig en bekragtig. Dit kan dus nie maklik omgekeer word nie. Die munisipaliteit is dus in 'SKAAKMAT' - soos 'n regsgeleerde onlangs na die uitspraak verwys het. Elke BBV teken 'n ooreenkoms met die NBU dat as enige munispaliteit met 'n aksie sal kom teen die 'NBU Dispuut' hofuitspraak, sal die NBU die hofsaak op hulle koste teenstaan en beveg. Die NBU het dus reeds die saak gewen en die gelde spandeer om die uitspraak daar te stel. Die BBV's loop dus geen risiko om die dispuut te verklaar nie. Die BBV IS NIE BESIG MET WEERHOUDING VAN BELASTING NIE. DIT IS ONWETTIG!!!!!!! BBV's is besig om 'n fout wat Munisipale owerhede gemaak het, reg te stel. Dit is 100% wettig, bevestig deur 'n hofuitspraak in die hoogste hof van RSA deur 'n vol regsbank. Dit het 4 jaar geneem om dit reg te kry. NOU IS DIE VRAAG: WAT AS DIE FOUT DISPUUT BEDRAG IN TOTALITEIT TERUGBETAAL IS MET TOEKOMSTIGE BELASTING?.....

Posts: 0
Topics: 0

BBV's plaas die Munisipale owerheid op terme - BBV's doen die werk self, en eis die geld terug.
Vanaf die dag wat die dispuut per eiendom gemaak is, moet die munisipale owerhede na regte 'n kredit op elke eienaar se belastingrekening deursit vir die dispuut bedrag geteken. Die NBU aanvaar dat die munisipale owerhede dit nie gaan doen nie.
Die NBU rekenaarstelsels is so ontwikkel om hierdie syfers maand tot maand vir die eienaars op 'n staat  aan te dui, asook vir die munisipale owerhede vir hulle rekords.
Weereens: Die dispuut neem nie die verantwoordelikhied van die munisipale owerhede weg om dienste te lewer nie! Niks is onwettig nie: 'n Fout word net reggestel.
Hierdie feit gee die BBV's die geleenheid om die munisipale owerhede op terme te plaas. Die BBV sien die paaie is vol slaggate: Omdat die BBV nou geld het van die terugbetaling van die wettige eis teen die munisipale owerhede, kan die BBV die werk laat doen.
Al wat die BBV doen,  is om kwotasies te kry vir die werk wat gedoen moet word. Die BBV stuur die kwotasies na die munisipale owerhede en gee hulle 14dae (redelike tyd) om die werk te doen. Indien die munisipale owerhede nie die werk binne die 14 dae doen nie, skep dit 'n verdere eis geleentheid vir die BBV. Die BBV laat die werk op hulle koste doen en voeg die koste net by die eis van die dispuut omdat die munisipale owerhede nou daardie gelde aan die BBV skuld. MUNISIPALE OWERHEDE BLY VERANTWOORDELIK VIR DIE DIENSTE. DIE DISPUUT-FOUT WAT HULLE GEMAAK HET, NEEM DIT NIE WEG NIE!!!

Posts: 0
Topics: 0

STAP EEN --- Hoe om die Forum te gebruik en lid te word
Die NBU is reeds 26 jaar besig met die regsproses en hofsake om 'De-Facto' Selfbeskiking daar te stel. Klik op die Oranje gedeelte hierbo: 'Hoe om die Forum te gebruik en lid te word'.

Posts: 1
Topics: 1

Last post: September 14, 2021, 11:13:07 AM Die Video skakel by admin

NBU - Ons Doelwitte
'n Kantonstelsel in Suid Afrika - soos in Switserland - waar elke gemeensap natuurlik vestig en vir homself verantwoordelikheid aanvaar, sonder enige politieke inmenging, is die enigste stelsel wat kan werk.
ELKE LANDSBURGER WEET DIE MUNISIPALE DIENSTE IN RSA WORD NIE OP STANDAARD GELEWER NIE, MAAR ONS MOET BETAAL DAARVOOR. DIT MOET GESTOP WORD, EN ONS HET DIE OPLOSSING GEVIND!!!
Sedert 1995 (26 jaar) is die NBU reeds besig om deur middel van hofuitsprake die dienste wat munisipaliteite in ons dorpe en stede moet lewer, wettig oor te neem. Die NBU het dus reggekry om wettig die gelde wat ons aan die munisipaliteit betaal, uit hulle hande te neem en dit te kanaliseer na ons eie dorp of voorstad se BBV (Belasting-betalers Vereniging).
 HOE OM DIT IN JOU DORP TE DOEN, WORD STAP VIR STAP IN HIERDIE FORUM UITEENGESIT. DIE EERSTE STAP IS OM 'N BBV IN JOU DORP TE STIG. NEEM DIE EERSTE STAP OM JOU DORP VRY TE MAAK VAN DIE ONBEVOEGDE, ONBEKWAME EN ONGEKWALIFISEERDE HUIDIGE BESTUUR – OP 'N WETTIGE MANIER. ONS KAN NIE SO AANGAAN NIE. AKSIE IS DRINGEND NODIG EN ONS HET DIE OPLOSSING. KOM ONS STAAN SAAM EN WEN SAAM.

Posts: 0
Topics: 0

NBU - Distrikte op WhatsApp
Suid Afrika bestaan uit 47 Distrik Munisipaliteite. Hier volg die lys waar die NBU 'n WhatsApp groep het.

Posts: 2
Topics: 1

Last post: August 10, 2023, 04:55:48 PM Re: Lys van Distrik Muni... by admin

NBU en BBV's - IN DIE NUUS
Klik op die Oranje skakel 'NBU en BBV's - IN DIE NUUS' hierbo om te sien waar die NBU en BBV's in die nuus gemeld word.

Posts: 1
Topics: 1

Last post: September 14, 2021, 07:33:19 AM Onderhoude, Koerantberig... by admin

61 Posts in 55 Topics by 38 Members - Latest Member: Daleen Maas
Latest Post: "Re: Lys van Distrik Muni..." (August 10, 2023, 04:55:48 PM)
View the most recent posts on the forum.

Users Online

Online: 2 Guests, 0 Users  - Most Online Today: 3 -  Most Online Ever: 6 (September 08, 2021, 10:51:42 AM)